Wednesday, 17 September 2014

Protes



Maak wakker die slapende kind
Laat hom raas en gil en skree
Lig hom hoër op en help hom
Rig hom op met elke tree.

Hou op om hom te demper
Los hom om te skrou
want anders bly ons gisters
ook ons hier en nou.

Laat al die kinders opstaan
en saamstaan in ‘n kring
en laat hul woede gille
'n nuwe wereld bring.

No comments:

Post a comment