Friday, 1 November 2013

Afsnypunt

Tasbaar voelbaar dobber lig
Verdun die band, word dit net plig
‘n oproep so elke ander maand
Die toon word kouer, meer vernaam
Jy frommel woorde in jou kop
Ek hoor hoe jou brein verstop
Jou siel bly stil, jou lippe praat
My trane drup stil, desperaat
Om weer jou regte stem te hoor
Voordat ek dit finaal verloor
Die metamorfose is onontkeerbaar
en my smart is onbeheerbaar
in elke dood is ‘n begin -
Ek moet meer van myself herwin.

No comments:

Post a comment