Wednesday, 1 May 2013

Rigtingloos



Rigtingloos, kragteloos, magteloos, mens
Omring deur ‘n makabere grens
Handgetrek deur introspeksie
Ingegort deur my persepsie
Dat ek, kleurlose toeskouer,
Net hier bly, net ouer, flouer,
Totdat ek eendag stil verdwyn
‘n dowwe lig wat dowwer skyn
Sonder eggo of refrein
Stil – verdamp - kwyn

No comments:

Post a comment