Monday, 27 May 2013

in my kop



Verwronge veldslag woed weldadig
neurokranium beperk.
Ontploffings ruk fondasies
met net handpalms versterk.
Die spanningslyn loop loodreg
tussen wit en grys en swart.
Die veldslag begin oorloop
na die kamers van my hart.

Die nuusdekking is power.
Die klank is lankal stil.
Die krete van die oorlog
sirkel  hoog en  hard  en skril.

1 comment: