Sunday, 24 February 2013

Mishandeling



Die argeologie van my bestaan
Is een dimensioneel betraan
Hunkerend, vervreemd, verflou
verstrengel in argeologie van jou.
Die grawe van die argeloog
vind net ‘n stil skaam monoloog.
‘n Deuntjie sonder klank of noot
wat hy met afgryse verstoot
en wonder hoekom is daar nou so min
ek het tog met soveel begin...

No comments:

Post a comment