Thursday, 3 January 2013

Tuis



Ek dwarrel deur gedagtes
in die gange van onthou,
verwonder my oor winde
wat spasies laat vernou.
Tussen ons lê myle,
oseane onstuiming blou,
die strande van ons gisters
wat hul in toom moet hou.
En tog, daar is jy altyd,
net ‘n hartklop net ‘n woord;
die warmte van jou menswees
my waarste, egste noord.

Ek is waar ek behoort.

No comments:

Post a comment