Thursday, 10 January 2013

Totaal



Vou jou liefde om my lyf
jasmyn dit teen my vas.
Jou growwe hande pers ‘n skild
van omgee oor wat was.
Teen die aanslae van die wereld
staan ek gepanser sterk -
deurweek in liefdeswoorde
is my grense onbeperk.

Liefdesbaksteen mure
beskerm nou my stad
en elke knobbelpaadjie
is nou oneindig glad.

Vreudge het ‘n wysie
met net een refrein -
Jou naam eggo deur my strate,
deur my hart en deur my brein.

Jy is groot en ek is klein.


No comments:

Post a comment