Thursday, 31 January 2013

My volk



Koue klip kasernes vibreer verwoestend grou
oor geroeste ou  treinspore wat gister wil onthou.
Voetspore van vergete passasiers het al vervaag.
Tolbosse het selfs voeltjies van platforms verjaag.
Stasies is gesluit en stil en werkers is verdaag.
Wind huil argeloos om hoeke en reen kom vlaag op vlaag.
Al die fotos van die stasies is nou in wit en swart.
Die treine en die spore staan lankal al apart.
‘n Uil roep steur die stilte en kleef deur murg en been
en ek wonder Afrikaner, waar is jy dan heen?

No comments:

Post a comment