Thursday, 24 January 2013

Geloof - ongeloof



My skaduwee speel wegkruipertjie
met die kwarte van my brein,
is hy hier of is hy nie of is hy net refrein
van wat ek al gehoor het of wat ek graag wil glo?
Hy is mens, of is hy hersinskim?
Of is hy iets van bo?

My onwrikbare geloof in skadu’s het verval
In twyfel en in ongeloof en male sonder tal
kyk ek om in verwondering en sien niks agter my.
Ek dink die donker wolke stel skaduwees dalk vry.
Dit mag my onderkry.

No comments:

Post a comment