Friday, 28 December 2012

Vandag


In speelse kleure woeste geure
Breek ek ‘n granaat vir jou
En ruik die sap wat oor jou spat
As ek my hande oor jou hou
Die son se strale oor jou hare
Verf die grys in hemelblou
ons verlustig in die rustig
van regtig ken en kan onthou.
Ek dank God vir hier en nou.

No comments:

Post a comment