Friday, 21 December 2012

Ouma en Oupa


My ouma ruik na pyp kaneel.
My oupa se hy’t haar gesteel
By die spesery winkel in hoofstraat.
Ouma lag net as hy praat
van hoe hy haar moes ontvoer
voor al die ander mans wat loer
en wens hulle kon vir ouma kry
toe oupa met haar ver weg ry.

Hy se hy’t haar op die plaas gehou
Want hy’t geweet sy is al vrou
Wat so lekker pannekoek kan maak
En wat so lief vir hom sou raak
dat sy nooit ooit nee sal  sê
as oupa pannekoek wil hê.

“Ag hart” sê ouma sag vir my
“Laat oupa maar sy sin nou kry,
wat hy nie weet sal hom nie pla,
Ek bak pannekoek sodat hy ophou kla!”

4 comments:

  1. Puik gedig. Let net op woorde wat een woord moet wees soos pypkaneel en speserywinkel. Jy het werklike goeie aanvoeling.

    ReplyDelete