Saturday, 1 December 2012

My lief


As groen verdrink in blou
gesels ek woordeloos met jou
oor alles wat ek vir jou voel
en alles wat my hart bedoel
en nie in woorde sê.

As groen verdrink in blou
kan ek jou vertrou.
Gaan die wereld ongesiens verby,
is heelal net hier, net ek en jy.
Dis al wat ons wil hê.

As groen verdrink in blou
word ons saamgepers en ingevou
in een bestaan as man en vrou,
gekondenseer vir hier en nou
dis hier waar liefde lê.

Waar groen verdrink in blou.

No comments:

Post a comment