Friday, 14 December 2012

Karoo nag legende


Daar is ‘n oeroue legende
van ‘n mamma en haar seun
wat gereis het sonder middele
in die koudste winterreen.

By ‘n plaas soebat  die moeder
Gee tog slaapplek vir my kind
Hy is moeg en hy is honger
En ek kan niks meer vir hom vind.

Maar die boer se vrou is angstig
Want haar man se oe dwaal
Na die heupe van die moeder
En haar enkels koud en kaal.

Stap verder! Kom die opdrag
Hier is niks vir julle soort
Gaan terug na julle oorsprong
Of gaan aan na waar jul hoort!

Die seuntjie trek sy skouers regop
Sit sy arm om sy ma
Ons loop Mevrou, maar weet net
God se liefde sal jou dra.

In die stil koue Karoonag
het die boer bitter berou
soek hy tot die oggend
na twee lyke in die dou.

In mekaar se koue arms
vind hy die ma en kind
en dis ook waar sy familie
sy lewelose liggaam  vind.

Jy sien, die waarheid van die lewe
Is dat vryspraak kan bestraf
En  vashou aan besittings
Lei  na jou eie graf.

No comments:

Post a comment