Friday, 7 December 2012

Braille woorde


Braile woorde tussen lyne
Van ‘n woordelose brief
Skryf minnewoorde van bevryding
Sonder verwagting, skuld of grief
Kleur seisoene van ons liefde
In skakerings immergroen
Herinner my in teerheid
Wat jou liefde aan my doen.

Braille woorde tussen lyne
Gaan dalk ongesiens verby
Tot jou vingers ongewags
Oor die regte knoppies gly
En die liefde onder vingers
Tasbaar, leesbaar, vorm kry.

Hoeveel woorde gaan verlore
In konvensionele skrif,
Want ons vingers raak soms blind
Om goud uit sand te sif.

No comments:

Post a comment