Wednesday, 14 November 2012

Spore


Tentakel paaie gryp die veld
Sonder ware noord.
Rigtingborde draai verward
want hulle weet nie waar ek hoort.
Sonder jou draai ek met arms wyd
en speel klip, papier en sker.
Sonder jou is rigting irrelevant
want huis is altyd ver.

Op jou spoor trap ek ‘n kring -
‘n vreudge kring van hoop -
want ek besef nou eers dat jy
ook in my spore loop.

No comments:

Post a comment