Friday, 23 November 2012

Kuikentjie


Jy bring flennie pajamas
wat sag om my vou.
Ek lê in die warmte
van lekker onthou,
soos die ma en kind drukkies
tussen my en jou
eers my ou dogtertjie
nou ook al vrou
Ek leef in die liefde
van sagte pienk op grou.

Ek is so trots op jou.

No comments:

Post a comment