Thursday, 11 October 2012

Ontsmettende trane


Ontsmettende trane
was oor my gisters
Bevrug die verlede
met ontkiemende vrede.

Ek wikkel my toe
in die oerwoud wat groei
op verkwikte woestyne
se vars buitelyne.

Vryspraak stuur seepbelle
en spreek my vlekkeloos vry
en stadig raak my wortels sterk
ek dink dit is verwerk.






No comments:

Post a comment