Wednesday, 24 October 2012

Net 'n gewone duif




Net ‘n gewone duif
wat nie besonder hoog kan vlieg nie,
nie slimmer is as ander nie,
nie mooier of beter of groter nie.

Net ‘n gewone duif
het vandag my kind se hart
opgelig en hom laat glo -
sommerso -
is hy spesiaal,
want die duif het grondbone
by hom kom haal.

Net ‘n doodgewone duif.

No comments:

Post a comment