Saturday, 29 September 2012

Vir mamma


Woede - woede -  woede
Speel my gedagtes jou.
Geskil van alle sagtheid,
brutaliteit in koue grou.
Sweet aggressie oor my huis
vertaal in glasskerp klank.
Misnoegdheid oor swakhede
versprei sy eie stank.

Ek verstaan jou seer
en jou verpakte smart.
Die haat groei uit jou siekte
verwyderd van jou hart.

Ek mis jou maar ek mis jou voor die eerste dood
Jou tweede het maar net die grense nog vergroot.

No comments:

Post a comment