Sunday, 2 September 2012

Middeljarig


In die laaste stuiwing van vrugbaarheid
Raak jy banaliteite kwyt
En ontbloot jy vlees sover jy kan
Adverteer jy soek ‘n man
Wat jou leunagtig kan betas
En kan laat glo jy is wat was
Wat die wete kan besweer
Ouderdom lê onbegeer
want jy staan hier by sy deur.



Weet jy nie, jy’s soveel meer?


No comments:

Post a comment