Saturday, 25 August 2012

Vier mans in my lewe



My herfs was sagter sag as sag
met onvermoeide Godlik krag
en hande wat die pad kon vind
na die hart en ore van ‘n kind.

My winter bar met sagte reën
en woorde wat die siel kon seën
en oplig, oprig en vertrou
en jy’t geweet hy’s lief vir jou.

My lente het my kom verras
na alles waardeur ek al was
met nuwe bloeisels keurig ryk
en nuwe oë om deur te kyk.

My somer is onwerklik goed
‘n genot te diep vir my gemoed
‘n vreudge dansend fris om my
Om my die toekoms in te lei.

No comments:

Post a comment