Saturday, 18 August 2012

Mossie man en mossie vrou

Mossie man en mossie vrou
Wil ‘n nuwe nessie bou
Maar die doringboom in Leliestraat
is oorbevolk en vink mandaat.

‘n Amandel boom is pienk in blom
Maar daar kan ook probleme kom
Want die tuiner wat dit so pragtig snoei
het ‘n baba kat wat vinnig groei.

Die wilger by die waterstroom
Het duiwe wat al daarin woon
En die denneboom by die rugbyveld
Lei gereeld onder bal geweld.

‘n Posbus is ‘n lekker plek
As jy die posman kon ontrek
En ‘n geut sou dalk ook kon werk
As jy dit teen reen kon versterk.

Wat om te doen, waar om te gaan
Is die dilemma van die mossiehaan,
Mevrou mossie raak al erg beswaard
Sy verlang na eie huis en haard.

Die kerk se kloktoring lyk heel geskik
Solank jy nie vir klokke skrik
Mossiehaan dra watte aan
om in Mevrou se ore te gaan

Sy maak toe maar haar kuikens groot
op die kerkklok se wyse se elke noot
en toe dit tyd word vir haar kuikentjies om te sing
was hulle enigste note ‘dingeling ding’.

No comments:

Post a comment