Monday, 27 August 2012

Dis Klaar


‘n Lewe kosbaar ingeweef
in die lewe wat ek leef
het oor die donker brug geloop
en ek bly hier, alleen, gestroop,
maar met ‘n diep dankbare hart
en liefde groter as die smart.
Ek was jou kind, jy was my ma.
Jou liefde het my deurgedra.
Nou dra ek jou, my toekoms in
dis nie die end, dis ‘n begin.


No comments:

Post a comment