Tuesday, 30 October 2012

Wat is jou naam?


Wat is jou naam, krom ou oom?
Wat onder ander se genade woon?
Probeer jy elke nou en dan
regop kom, het jy ‘n plan?
Om ooit weer na die son te kyk
sonder ander se verwyt
en sterk te staan in wat jy weet,
nooit jou naam weer te vergeet?

Jou vrag is so onewig swaar.
Jy maak jou tuis in die gevaar
van skuld wat ander jou toesnou.
Weet jy hulle lag vir jou?

Laat die kinders uit jou lyf
jou krom ou litte vryf,
sodat jy die pad kan lei -
dalk is jou nageslag dan vry.

No comments:

Post a comment