Thursday, 12 July 2012

Kom dans Gamtosie


Kom dans met my Gamtosie
Kom draai hier saam met my
Die musiek is vinnig en vrolik
En dit maak my bly
Ek hou van doef doef ritme
Ek hou van die gitaar
Kom gou Gamtosie, kom nou
Die lied is amper klaar
Sien jy my Gamtosie
Ek is ‘n balletster
Ek dans op groot verhoë
In lande wyd en ver
Wees jy die donker dromer
En ek die fee van lig
Dan fladder sweef en tol ek
Hier tot by jou gesig
Droom saam met my Gamtosie
Dans vry, dans om en om
Akkoorde note ritmes
Totdat die oggend kom.


No comments:

Post a comment