Saturday, 21 July 2012

Goggabie Goggaby

Goggabie goggaby
Kom net hier verby
Dan slaan ek jou plat
Net hier op die mat!

Goggabie goggaby
Luister nou vir my
Zoem nog net eenkeer by my kop
Jy beter pasop.

Goggabie goggaby
Ek gaan jou nie jammer kry
Jy wil net nie hoor nie
Moenie jou lewe verloor nie!

Goggabie goggaby
Ek is swak verby
Laat ek jou  maar buitentoe help
Gaan woon lekker die veld!

No comments:

Post a comment