Thursday, 28 June 2012

Wie is ek?


Dalk is ek ‘n padda
Ek kan regtig hoog op spring
Veral oor poele water
Spring ek ‘n wye kring

Dis net, ek kan nie kwaak nie
En ek eet eintlik net gras
Sou ek nie van goggas hou
As ek ‘n padda was?

Dalk is ek ‘n hasie
My ore is erg lank
En ek is bruin en harig
En my stert is bruin en slank.

Wag ‘n bietjie, laat ek dink
‘n haas se stert is rond?
Myne is veel langer
Dit stut my op die grond?

Dalk is ek ‘n koedoe
Ek woon ook in die veld
Ek hou van groot oop ruimtes
Kampe maak my onsteld.

Hoewel koedoes is maar stadig
en ek dink hulle het horings ook
en dan is daar hulle bene
wat nie met myne strook?

Is ek dalk ‘n koei
Wat bulk en loei en moo?
Kan nie wees nie, ek het ‘n buidel
Ek is ‘n kangaroo!

No comments:

Post a comment