Saturday, 23 June 2012

Die Prostituut


Kom bottel my liefde
My fisiese lyf
Verkoop dit verkwansel dit
Vir nog ‘n skyf
Vir waarna dit is wat jy so na smag
Dalk hou dit jou vir nog ‘n nag
Weg van eensaamheid en jou siellose self
Ek sal maar net nog dieper delf
Vir ‘n rede ‘n oomblik om my te laat staan
Bo die klug van ‘n lewe want ek verstaan
Waarde is net vir die met geld
Vir my is daar net swart en geweld
Van jou vuiste, hulle lywe, asem in die nag
Vir more en more en more se dag
Troos is papier -  troos is iets op te koop
Emosie vir gekke klaar kaalgestroop
So bring nog ‘n customer, bring nog ‘n John
Ek is reg, ek is kaal, laat hulle maar kom.

No comments:

Post a comment