Saturday, 9 June 2012

Boekanier


Boekanier uit ewewig
Roekeloos strompelend verswig
Verswelg voor storm sluwe vrou
Besef jy al dit wag op jou?
Onsigbaar tog onwrikbaar vas
Verspin verskrompel in als wat was
Beheer jy net jou ballingskap
Is jou swaarde doelloos pap
En voor die vals noord in jou sig
Pronk jy weerloos in haar lig
Kwesbaar, veilbaar, afgebreek
Jy’s net ‘n kleim wat sy afsteek.

1 comment:

  1. Baie goed met woorde getoor, die laaste twee reels bring alles bemekaar.

    ReplyDelete