Thursday, 17 May 2012

My seuntjie


Slaap sag wonderkind ek het jou so lief
Weet jy jy is my prag-hartedief?
Droom van die veldslae waarin jy oorwin
Voordat die wereld jou laat besin
En laat glo onmoontlik is tog ‘n woord
En mense kan mense te maklik verstoot
Glo vir ‘n oomblik nog in die onskuld van nou
Voordat jou visie eendag vernou
En moet plek maak vir realiteite so seer
Dat pleisters en regsoen nie meer kan keer
Dat jy pyn en ontnugtering sal moet beleef
en moet leer om na meer as net drome te streef.
Wees maar my dromer, my denker, my seun
Seunsagte lyfie wat nog teen my kom leun
en kom sê in ‘n stemmetjie wat al grootman wil word
mamma ek lief jou maar jy word nou kort.

No comments:

Post a comment