Friday, 4 May 2012

My kind


Primitief beskermend banaal sterk
Deur ‘n naalstring onsigbaar kaal
Dwing emosie onwilligkeuring deur
Waar woorde en gebare faal
Rooi bloed van geboorte
My vel teen jou vel
Asem hartklop stem beweging
In jou sal van my vertel
Ek lewe vir jou in jou met jou
Maar ek lewe ook vir my
Weerkaatsings is eensydig
Maar joune maak my bly.

No comments:

Post a comment