Thursday, 10 May 2012

Monster in die nag


Onder my bed woon ‘n monster
Wat in die nag uitkom
Hy ruik sleg en maak geluide
Wat my heeltemal verstom

Ek kan nie roep of raas nie
My stem raak sommer stil
Die monster is te groot en erg
Hy laat my vreeslik gril!

Toe, een aand in Oktober,
Dog ek nee wat, kyk,
Dis tyd dat ek die lig aansit
En mooi sien hoe hy lyk!

Ek wag totdat hy uitkom
Tot reg hier voor my bed
Ek dog dis nou of nooit nie
Ek sal myself moet red!

Ek druk my bedlamp vinnig aan
en hou my lyf gereed
die monster is toe eintlik
ons hond wat my skoen wil vreet!

No comments:

Post a comment