Thursday, 31 May 2012

Ek het 'n feetjie nodig


Ek het ‘n feetjie nodig
Wat die skool kan laat verdwyn
Wat my buite kan laat hardloop
Waar die son so lekker skyn
Ek het ‘n feetjie nodig
Wat my kamer skoon kan hou
Wat my blomkool sal kom opeet
en my spelwoorde onthou
‘n pers feetjie wat my bed opmaak
en ‘n pienke wat iets weet
van wiskunde en EBW
en van Halley se komeet.
‘n oranje een vir musiek
Om my toonlere te doen
En ‘n flambojante bloue
Wat alles kan regsoen.

Ag vader tog, daar lui die klok
geen feetjie is in sig
laat ek maar ophou dagdroom
en ook maar ophou dig.

4 comments:

  1. Dit is pragtig, maar sjoe dit is 'n missie om op jou werk te kommentaar, die oege sien nie meer so lekker nie!

    ReplyDelete
  2. Pragtig!! Ek dink my dogter sal geniet om dit op te sê!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie, ek is bly as iemand dit geniet.

      Delete
    2. Maresa, ek het 'n kinderdrama groep in die Kaap. Sal jy omgee as ons hierdie gedig opneem as my dogter dit opsê en dit dan op Youtube laai op my groep se channel? Ons sal teruglink na jou toe en jou naam oral noem. Dis net so supercute!

      Delete