Thursday, 24 May 2012

Einde


Nagstilte sus lasterlik vals
Geaborteerde illusies vreedsaam verskans
Agter vergeelde herinnering en lig van die maan
En verskompelde as van ‘n vuur lank vergaan.
Hoe helder hoe skitterend het dit gebrand
Teen die sterre se patrone van ragfyn kant
Die lag van die maan ‘n gryslag, ‘n spot
Die warmte van die vuur was die dood van die mot.

No comments:

Post a comment