Saturday, 7 April 2012

Silhouet


Die silhouette van jou waarmee ek deesdae leef
Is sag en baie kalm, eintlik brutaal beleefd,
Gestroop van hoog en laagtes, ‘n plato van ewewig
Is daar geen storm en drang nie, net eentonig, dowwe lig
Goed goed goed drommel eentonig sy deuntjie teen my oor
Goed goed goed beteken ek het jou klaar verloor
Die ouderdom het stilweg jou passie uitgevee
En dit wat oorbly is so rustig, genadeloos gedwee.
ek is vasgevang in hierdie tronk met hierdie nuwe jou
my kettings is van deernis en kettings van onthou
die silhouet word groter terwyl jy stadig kwyn
verlies verlang vernietig eggo deur my brein.

No comments:

Post a comment