Wednesday, 18 April 2012

Ek begeer

Ek begeer
Om kosbaar en waardevol te wees vir jou

Ek begeer
Dat jy my by jou wil hou

Ek begeer
Om  veruklik te voel langs jou

Ek begeer
Om te weet jy is trots op my, jou vrou.


Ek begeer
‘n nag van woorde wat sag kom l├¬

Ek begeer
‘n hele dag om jou vir myself te h├¬

Ek begeer
Die enkelvoud van jou verstaan

Ek begeer
‘n tas onthou wat saam kan gaan


Ek begeer
‘n somernag in die duine net ons twee

Ek begeer
Sjampanje, lig en warm see

Ek begeer
Sommer net  teen jou skouer sit

Ek begeer
‘n reis, ‘n deurnag rit


Ek begeer
Diepte, warmte, hoop , avontuur

Ek begeer
Liefde in die na nag uur

Ek begeer
Dit alles en nog soveel meer

Ek begeer
In hierdie muur - ‘n deur.

No comments:

Post a comment