Wednesday, September 14, 2011

Vat my saam...

Vat my saam na jou sekelmaan
Hou my nog ‘n rukkie by jou
Vertel my nog eenmaal hoe lief jy my het
Dit sal vir my leeftyd moet hou.

Die dood het sy arms al om jou gedraai
en die deur na die hemel is oop
maar keer hom, my engel en bly nog by my
sonder jou is ek blik kaal gestroop

Kan ek vir oulaas jou warmte voel
My hand teen jou hartklop laat lê,
Jou stem is nou stil maar ek verdrink
In dit wat jou oë nog sê.

Die koue in my, lê nou in jou lyf
En jou kosbare asem verstil
Finaal bons verspot  soos ‘n bal in my brein,
Ek dink dis ek wat so gil…