Saturday, 17 December 2011

Lugballon

Lig my op my lugballon
vat my op op op so blou
Wys my die lyn van horisonne
wat lyne trek om my en jou
maak my dronk in malse kleure
afge-ets teen helder lig
laat my sinne met jou tuimel
wolk na wolk ‘n reenboog brug
dartel, spartel in die hitte
blou word stadig skittergrou
vou jou kleure al hoe laer
sluk die sagte groenveld jou.

No comments:

Post a comment