Tuesday, 15 November 2011

Dualiteit

Soos ‘n sonneblom draai die prisma jy
Net jou blinkkant na my oog
Ek staan verblind in die mooi
Van jou eensydig monoloog.
Die natuurwet van teenstrydigheid
Swymel by my verby
Ek is ‘n kind in Eden
wat refleksies wil vermy.
Die skadukant van menswees
Val ver van my en jou
Jy balanseer jou prisma fyn
Om die sprokie te behou.



No comments:

Post a comment