Sunday, 30 October 2011

Die stil jy

Toe deure en toe vensters
Versper die pad na jou
En ek wonder waar jy wegkruip
En of jy nog onthou
Dat ek hier is, dat ek mens is
Dat ek saam met jou wil wees
Ek is nie op jou rekenaar
Of in koerante klaar gelees
Jou stilte eggo klankloos
Deur my magtelose dag
Want ek kan jou nie bereik nie
En ek wil ook nie meer wag
Vir miskien ‘n aand van liefhê
Of ‘n uiteet raar gesprek
Of ‘n oomblik en ‘n glimlag
Wat ek oor ‘n week moet rek.
Ek is meer as net jou kind se ma
Ek is meer as net jou vrou
Ek is meer as net vir jou gerief
Ek is meer as soms onthou.
In die nuanses van my vrouwees
Is ek breekbaar, kwesbaar, rou
Breek jou miskyk mure stukkend
Wat my moet weghou van ontrou.
Ek spel dit uit vir jou.

(hierdie is nie geskryf oor my of enige situasie waarin ek al ooit was nie, maar oor iets wat ek gesien het in te veel huwelike.)

No comments:

Post a comment