Monday, 1 August 2011

Sewe vure

Sewe vure hou my veilig
In die donker duister swart
Sewe vure gee my rigting
Lig my op en rig my hart

Sewe vure lig die mis
Net lank genoeg dat ek kan hoop
Op ‘n nuwe vlaag emosie
Vir ‘n hart nou kaalgestroop

Sewe vure stuur nog warmte
In ‘n koue kille nag
Sewe vure nooi al flikkerend
Na ‘n meer leefbare dag

Ek bid deur skrille stilte
‘n kreet van stukkend rou
Dat sewe  vure sal genoeg wees
om my een nag nog te hou.

Oggendson en nuwe maan
Gooi clich├ęs om my te trek
Maar dis na my sewe vure
Na wie my arms strek.

No comments:

Post a comment