Monday, 29 August 2011

Onveranderlik

Gister nog was ek en jy
Verweef in een kombers
En nou is alles klaar verby
En die rafels almal pers

Soms bid ek ‘n stil gebed
Oor droog verlate vlaktes
En wonder ek wat kan ek red
Uit perkament oud aktes.

Wat geskryf is is geskryf
Dis klaar in wit op swart
Die simfonie is klaar gespeel
In die kamers van jou hart.

En as ek wat-as uitpak
Met kinderlik geweld
Weet ek maar net onmeetbaar sterk
Wat is is wat sal geld.

No comments:

Post a Comment