Monday, 22 August 2011

JanNoordeWind

Hy kom net uit as die noordewind waai
Hy dans om die hoeke met malle gedraai
Hy sing stokou liedtjies van kabouters wat kom
En hy draai sy ou kierie al om en al om

Sy naam is JanNoordeWind-kind-van- verby
en hy droom daarvan om op ‘n reenboog te ry
Hy dink hy sal gly tot hoog op die maan
en daarvandaag sal hy na die sterre kan gaan.

Hy wil sterre inryg in die helderste blou
En hy wil dit dan saambring net vir jou
Want dan sal jy weet wat jy lankal al raai
Dis die wereld se liefde wat die wind laat waai.

No comments:

Post a comment