Saturday, June 25, 2011

Politiek

Die oes was goed, die oes was mooi,
maar net voor die nag raak die horison rooi.
Groot sprinkane verduister die son
die boere sou keer as hulle maar kon.

Hulle trek deur die land met 'n enkele kreet
dit was ons sien is dit wat ons vreet
Geen besitreg vir ander, waar ons sit sal ons bly
en geen ander eter sal 'n oorblyfsel kry.

Niks bly oor nie
Niks gestoor nie
iemand anders moet plant
ons soek kos in ons land.

No comments:

Post a Comment