Saturday, June 18, 2011

Drogbeelde

Jou gedagtes teken prentjies
en vestig dit in jou
aan alles wat ek jou wil wys
word die prentjie voorgehou.

Die prentjie word 'n standbeeld
stil, rigied en baie koud
en 'n standbeeld kan nie buig nie
al is die horingoud.

Ek probeer met daad en trane
die standbeeld erodeer
maar 'n goed geboude standbeeld
is bestand teen reen en weer.

Standbeelde word afgode
afgode mislei
dit maak jou doof en blind
vir wie jy is vir my.

No comments:

Post a Comment