Friday, 13 May 2011

Jy

In die koelte van jy wees
eet ek sappige vrugte
en ek gee nie eers om
as die sap op my mors nie.

Teen wolke van gister
vlieg ek verby tot by die son
en gly ek op die blink van sy strale
soos 'n kind
         uitbundig
               vreesloos
                      vry

No comments:

Post a comment