Friday, 27 May 2011

Huwelik

Vryheid hou my vas
en word die mure
wat my by jou hou.
Sagtheid slaan my
ongenadiglik terug teen jou
omgee omsingel my en
word kragtige kettings
en ek gedy in die
tronk van jou toenadering.

No comments:

Post a Comment