Friday, 15 April 2011

Waagmoed

Plaas 'n wag voor my hart
hou 'n hand voor my mond
hoe my oê op die grond
ek wil liewer nie sien nie

Bind my arms teen my sye
hou my voete botstil
boei gou vinnig my wil
ek wil liewer niks doen nie.

Want wie kan voorspel
wat dalk kan gebeur
anderkant die deur
van gister vergeet?

En wie sal ooit weet
hoeveel pyn, hoeveel smart
wag daar op 'n hart
wat hom oopmaak vir more?

No comments:

Post a comment