Friday, 29 April 2011

Skadus

Skadus teen 'n dowwe muur
speel lustig saam die nanag uur
vertel in fluistertone
die stories van ons drome
in stadige ritmes en sagte akkoorde
sonder woorde
as eggo's van ons menswees
sonder kwesbaarheid of vrees
hoe vry moet hulle wees?

No comments:

Post a comment