Friday, 8 April 2011

God van liefde

As U die mis in U hand vat
en die see daarmee grou verf tot die vuurtoring hard kla
- dan weet ek.

As U die reën uitskud oor die aarde
sodat die blywees in groen botsels uitslaan
- dan verstaan ek

As U keer op keer weer die wêreld vertrou
met die onskuld van 'n nuutgebore baba
- dan is ek doodseker

U is 'n God van Liefde in oorvloed.

No comments:

Post a comment